Artikel #1 van 6 | Keer terug Volgende »

Sekerheid rondom aanlyn-afsprake

6 April 2010

Jy het die kans gewaag en 'n aanlyn-profiel geskep. (As jy dit nog nie gedoen het nie, waarvoor wag jy?) So wat nou? Sit en wag vir die boodskappe om in te stroom of gaan soek – dis jou keuse. Wat ook al jou keuse is, hier's 'n paar praktiese wenke.

Flirtasie of aanlyn-afsprake verskil nie veel van gewone ontmoetings nie – dis net baie makliker en veiliger wanneer dit reg gedoen word. Meeste van die reëls is algemene kennis. Jou ma was nog altyd reg - maar jy hoef dit nie te erken nie.

Skep die regte indruk
Maak seker jou profiel is nie misleidend nie. As jy die verkeerde beeld skep, gaan jy die verkeerde reaksie uitlok.

Dink wat jy sê
Wanneer jy 'n ander lid vir die eerste keer kontak of op 'n boodskap reageer – dink goed daaroor. Al is dit hoe aanloklik om jou hand op die boud van 'n wildvreemde persoon by 'n partytjie te sit, sal jy dit waarskynlik nooit doen nie. So moet dit ook nie aanlyn probeer nie, behalwe as daar 'n groot kennisgewing is met die woorde: Vat aan my!

Persoonlike besonderhede
Die grootste voordeel van aanlyn-ontmoetings is die veiligheid en privaatheid wat dit bied. Maar wees versigtig. Wanneer jy begin korrespondeer, moenie jou persoonlike besonderhede te gou uitgee nie. Bou eers wedersydse vertroue op. Hou jou van, telefoon-nommer, e-pos adres, werksplek en familie-besonderhede privaat totdat jy meer gemaklik voel.

Moenie onder druk swig nie
Wees versigtig vir mense wat druk op jou plaas om jou persoonlike besonderhede vinnig uit te gee. Wag ook voor julle van aangesig tot aangesig ontmoet.

Teenstrydighede
Wees op die uitkyk vir veranderings in die styl en boodskappe wat jy ontvang. Indien jou droom-man eweskielik soos Jack the Ripper begin klink, los hom uit.

Van aangesig tot aangesig ontmoetings
Dis die groot een! Julle het e-posse uitgeruil, lekker geklets en nou's julle reg vir die eerste ontmoeting. Jy kan jou broer en sy pelle saamneem vir beskerming, maar dit mag jou pasmaat dalk senuwee-agtig maak.

Ontmoet die eerste paar keer in openbare plekke, oor 'n etenstyd indien moontlik. Neem jou selfoon saam. Sê vir mense waarheen jy gaan en maak seker dat jy planne het vir na die afspraak. Moenie uitgevang word deur die vraag: "So, wat doen jy vanaand?" nie. Wees gereed met 'n antwoord. Moenie jou huis of werk-adres uitgee nie en moenie onder die druk swig nie.

En ouens, dit geld vir julle ook. Meisies kan jou ook om die bos lei – so wees versigtig.

Maar die belangrikste van alles – wees rustig, geniet dit en hou dit veilig.

Artikel #1 van 6 | Keer terug Volgende »

Bestaande Lede


 


 | 
 
Wagwoord Vergeet?

Verander Taal

  • Afrikaans
  • English
Sluit gratis aan

Nie 'n lid nie?

Om 'n lid te word is vinnig, maklik en die beste van alles, gratis. Sluit Nou Aan!

Vertel 'n vriend/in!

Dink 'n vriend/in behoort te weet van Sielsmaats? Ons het dit so maklik gemaak dat al wat jy moet doen is om vul die spasies in .