Sielsmaatsbied 'n verskeidenheid maniere om mense te vind. Meeste hiervan is vanselfsprekend, maar hier is 'n vinnige opsomming:

Gebruikersnaam Soek
Dit is die blad om te gebruik as die gebruikersname van persone reeds aan jou bekend is. Om hulle te vind, voer net die gebruikersnaam in.
My Gunstelinge
Ongeag hoe jy hulle vind, daar is waarskynlik sommige profiele wat jy meer gereeld sal wil besoek. Elke profiel het 'n skakel wat jy kan gebruik om daardie persoon by jou lys gunstelinge te voeg sodat jy hulle weer maklik kan vind. Omdat hierdie blad slegs jou eie gunstelinge lys, is dit slegs vir lede beskikbaar.
My Bewonderaars
Wil jy weet wie van jou hou? Hierdie blad lys ander Sielsmaats-lede wat jou profiel onder hul gunstelinge gebêre het.
My Pasmaats
As jy 'n lid is en inligting oor jou ideale maat verskaf het, sal ons al die lede vind wat aan daardie kriteria voldoen sonder dat jy verdere vrae hoef te beantwoord. Dit is 'n tweerigting-pasfunksie wat verseker dat jy mense vind wat ook in jou sal belangstel. Dit kombineer die inligting wat jy oor jouself verskaf het en die kriteria vir die maat wat jy soek. Dit is verreweg die maklikste manier om jou ideale maat te vind.
Soek
Die soekblad vra jou uit oor die mense wat jy hoop om te ontmoet en vind diegene wat aan jou kriteria voldoen. Jy kan Vinnig Soek gebruik om slegs 'n paar kriteria te kies of, as jy 'n lid is, laat die Gevorderde Soektog jou toe om soveel kriteria te spesifiseer as wat jy wil.
Vorige
Wil jy weet wie onlangs jou profiel besoek het? Jy kan die geheue-skakel gebruik om to sien wie in die laaste week na jou profiel gekyk het en na wie se profiele jy gekyk het.
Galery
Wil jy nie 'n hele klomp kriteria spesifiseer nie? Gebruik die Galery en soek iemand van wie se voorkoms jy hou. Dit bevat foto's van al die nuutste profiele.
Sleutelwoord Soeke
Soek na profiele wat 'n sekere woord of frase bevat.
Gewilde Profiele
Kyk na ons gewildste lede, soos be-oordeel deur die getal lede wat hulle as gunsteling gemerk het.
Vandag se Verjaarsdae
Sien lede wat vandag verjaar.
Nuwe Profiele
Sien profiele van Sielsmaats se nuutste lede.
Gewysigde Profiele
Sien Sielsmaats lede wat onlangs hulle profiele gewysig het.
Aangemelde Lede
Sien ander lede wat tans op Sielsmaats aangemeld is

Bestaande Lede


 


 | 
 
Wagwoord Vergeet?

Verander Taal

  • Afrikaans
  • English
Sluit gratis aan

Nie 'n lid nie?

Om 'n lid te word is vinnig, maklik en die beste van alles, gratis. Sluit Nou Aan!

Vertel 'n vriend/in!

Dink 'n vriend/in behoort te weet van Sielsmaats? Ons het dit so maklik gemaak dat al wat jy moet doen is om vul die spasies in .