Vrae wat gereeld gevra word
Hulp nodig? Die volgende behoort meeste van u vrae te beantwoord.
Algemene Hulp
- Hoe werk die Sielsmaats werf?
- Wat is die verskil tussen 'n lid en 'n intekenaar?
- Is dit gratis of is daar 'n vangplek?
- Waarom kan ek nie boodskappe stuur nie?
- Word my privaatheid gerespekteer?
- Is die inhoud gesensor?
Aanteken Hulp
Profiel Hulp
- Waarom moet ek 'n profiel opstel om die gebruik van die werf te hê?
- Moet ek betaal om 'n profiel op te stel?
- Hoe stel ek my Profiel op?
- Kan ek my Gebruikersnaam verander?
- Hoe kan ek my Profiel verander?
- Kan ek my profiel verberg vir die publieke oog?
- Hoe verwyder ek my profiel?
Foto Hulp
- Hoe kan ek 'n foto by my profiel byvoeg?
- Vertoon my foto's outomaties in my profiel?
- Is daar enige spesifieke vereistes vir die byvoeging van foto's?
- Waarom het my foto van my profiel af verdwyn?
Soek Hulp
- Hoe soek ek?
- Hoe soek ek na 'n spesifieke gebruikersnaam?
- Waarom kry ek geen resultate op my soeke nie?
- Wat is 'n pasmaat?
- Hoe kan ek my pasmaats verfyn?
Kontak Van Ander Lede
- Hoe kontak ek 'n ander lid?
- Kan ek 'n boodskap stuur sonder om altyd na die ander lid se profiel toe te gaan?
- Sal enige van my besonderhede ontbloot word?
- Ek het 'n boodskap van 'n ander lid ontvang. Hoe antwoord ek?
- Moet ek 'n subskripsiehouer wees om boodskappe te kan ontvang?
- Ek het per ongeluk die boodskap wat ek ontvang het verwyder, kan jy dalk help?
- Ek sou verkies om nie boodskappe in my gewone e-pos inboks te ontvang nie. Kan jy help?
- Hoe kan ek die boodskappe wat ek van 'n spesifieke lid ontvang, staak?
Geld Help
- Wat kos 'n subskripsiepakket by Sielsmaats?
- Is dit veilig om my kredietkaartbesonderhede op die werf in te tik?
- Wat sal op my kredietkaartrekening vertoon?
- Sal my subskripsie outomaties hernu word?
- Ek het nie my hele subskripsie benut nie en wil my profiel verwyder. Sal die balans aan my uitbetaal word?
- Sal my profiel op die werf bly verskyn indien my subskripsie sou verval?
Antwoorde
Algemene Hulp
Hoe werk die Sielsmaats werf?
Sielsmaats voorsien 'n veilige en anonieme wyse om mense van jou keuse te ontmoet en mee te kommunikeer. In 'n neutedop, jy kies 'n gebruikersnaam ('n skuilnaam of alias) en stel 'n profiel saam wat jouself beskryf asook die tipe persoon en verhouding waarna jy opsoek is. Jy kan ander se profiele nagaan via die werf te deursoek en ander kan weer jou profiel beskou. Wanneer jy iemand vind waarin jy belangstel, kan jy via die werf 'n boodskap na hul gebruikersnaam stuur. Die boodskap word na hul e-pos adres, via die werf, van jou gebruikersnaam af gestuur - jou ware naam en e-pos adres word nooit vertoon nie. Om die beurt kan jy weer boodskappe van ander lede ontvang in jou e-pos inboks. Hierdie boodskappe sal van hulle gebruikersnaam af wees en nie van hul ware e-pos adres af nie, so word ieder en elk se privaatheid beskerm. Dit is jou keuse wanneer jy gereed voel om 'n ander lid van jou persoonlike kontakbesonderhede te voorsien. Ons stel voor dat jy ons aanwysings vir veilige rekenaarvryery volg.
Wat is die verskil tussen 'n lid en 'n intekenaar?
Elkeen wat 'n profiel saamstel is 'n lid. Om boodskappe te kan stuur moet jy 'n betalende intekenaar wees.
Is dit gratis of is daar 'n vangplek?
Om lid te word is gratis. Lede kan elke kenmerk van die werf benut en kan anonieme e-pos deur die werf ontvang, maar slegs betalende intekenaars kan anonieme e-pos stuur. Ons subskripsietariewe is redelik, besoek asseblief ons subskipsiebladsy vir 'n tariefoorsig.
Waarom kan ek nie boodskappe stuur nie?
Om boodskappe te stuur moet jy 'n intekenaar wees. Besoek asseblief ons subskripsiebladsy vir 'n oorsig van ons tariewe of om in te teken.
Word my privaatheid gerespekteer?
Ja! Ons sal nooit jou besonderhede aan ander lede deurgee of jou besonderhede vir enige doel sonder jou toestemming gebruik nie. Gaan asseblief terug na ons geheimhoudingbeleid vir meer duidelikheid.
Is die inhoud gesensor?
Nee, nie as 'n reël nie. Ons is nie hier om ons lede op te pas nie. Ons behou egter wel die reg om onaanvaarbare profiele te verberg, verwyder of te wysig. Onder andere behou ons die reg om profiele te verwyder of te wysig wat:
- Kontakinligting soos e-posadresse, ICQ nommers, telefoonnommers, adresse, ens bevat.
- Onwettig is, bv. onder 18 jaar oud is of kontak versoek van persone onder 18 jaar.
- Rassisties is, of ander groepe of gelowe aanval.
Verwys asseblief na ons voorwaardes van gebruik vir volledige besonderhede.
Aanteken Hulp
Ek het my intekenbesonderhede vergeet. Hoe vind ek dit?
Maklik! Kliek net op die Vergete Wagwoord skakel, voltooi hierdie eenvoudige vorm en ons pos jou besonderhede aan jou. Indien jou probleem steeds nie opgelos is nie, kontak ons asseblief.
Kan ek my Wagwoord verander?
Ja. Gaan na die Basiese Besonderhede bladsy van jou profiel en volg daar die redigeringinstruksies.
Profiel Hulp
Waarom moet ek 'n profiel opstel om die gebruik van die werf te hê?
Jy kan die werf besoek sonder om 'n profiel saam te stel. Om lede se volledige profiele te beskou moet jy self 'n lid met 'n profiel wees. Onthou, dis gratis om lid te word.
Moet ek betaal om 'n profiel op te stel?
Nee. Om 'n profiel te kan saamstel kan jy 'n gratis lid wees; jy moet egter 'n (betalende) intekenaar word om boodskappe aan ander lede te kan stuur.
Hoe stel ek my Profiel op?
Indien jy nog nie 'n lid is nie, begin deur gratis aan te sluit by Sielsmaats. Indien jy reeds 'n lid is kliek net op Profiel.
Kan ek my Gebruikersnaam verander?
Ja. Gaan na die Basiese Besonderhede bladsy van jou profiel en volg die redigeringinstruksies.
Hoe kan ek my Profiel verander?
Gaan na Profiel en volg die redigeringinstruksies.
Kan ek my profiel verberg vir die publieke oog?
Ja. Gaan na die Basiese Besonderhede bladsy van jou profiel en verander die 'sigbaar' na 'verberg'. Neem kennis dat jy dit te enige tyd weer kan verander na 'sigbaar' sou jy dit so verkies.
Hoe verwyder ek my profiel?
Gaan na die Basiese Besonderhede blasy van jou profiel, kliek op die 'Verwyder My Profiel' blokkie onder op die bladsy. NB: Die proses is nie omkeerbaar nie en sal al jou besonderhede op die werf verwyder. Indien jy 'n intekenaar is en tyd oor het op jou subskripsie, sal dit alles verwyder word saam met jou rekords en sal nie aan jou uitbetaal word of op 'n later stadium (toekomstige profiel) toegepas kan word nie. Ons beveel aan dat jy eerder jou profiel verberg sou jy onseker voel hieroor.
Foto Hulp
Hoe kan ek 'n foto by my profiel byvoeg?
Gaan na My Foto's en volg die aanwysings vir die oplaai van foto's.
Vertoon my foto's outomaties in my profiel?
Nee. Alle nuut gelaaide foto's moet deur ons ondersteuningspersoneel nagegaan en goedgekeur word voordat dit vir die publiek sigbaar gemaak word. Dieselfde geld vir bestaande foto's indien jy jou primêre foto sou verander. Foto's word gewoonlik binne 24h nadat dit gelaai is nagegaan, maar dit kan soms langer neem oor besige tye en oor naweke wanneer minder personeel op diens is.
Is daar enige spesifieke vereistes vir die byvoeging van foto's?
Ja. Jou foto moet in JPEG, GIF, PNG, BMP, TIFF of PCX formaat wees. Jou foto moet minder as 600kB wees, maar daar is geen beperkings op die beelddimensies wat jy laai nie. Ons sal die grootte outomaties verander sou die foto te groot wees. Verwys asseblief na die spesifieke instruksies in My Foto's.
Waarom het my foto van my profiel af verdwyn?
Indien jou foto nie voldoen aan ons tegniese vereistes nie, of afstootlik is, of 'n foto van 'n beroemde persoon is, of enige ander kopieregmateriaal soos tekenprente bevat, mag ons jou foto verwyder.
Soek Hulp
Hoe soek ek?
Vir 'n vinnige en eenvoudige besoek, spesifiseer jou voorvereistes in die Vinnige Soeke vorm en kliek op 'Begin'. Vir meer gevorderde soekopsies kyk na die beskrywing op die Vind bladsy.
Hoe soek ek na 'n spesifieke gebruikersnaam?
Maklik! Gebruik die Vind By Naam bladsy in die Vind afdeling, tik die ander persoon se gebruikersnaam of 'n deel van die naam in en kliek op 'Begin'.
Waarom kry ek geen resultate op my soeke nie?
Jou soekkriteria is heel moontlik te spesifiek. Verslap effens tov. jou voorvereistes, bv. verwyd die ouderdomsbeperking effens, ens. As jy sou soek na 'n blonde, blou-oog, 21 jarige, nie-rokende vroulike persoon wat bly in die Wyer Mongolië en kinders wil hê, is die kans minimaal dat jy resultate gaan hê!
Wat is 'n pasmaat?
Pasmaats is medelede wat voldoen aan jou gespesifiseerde voorvereistes soos genoem in jou My Ideale Maat bladsy toe jy jou profiel saamgestel het. Ons pasmaatenjin verrig tweesydige passings, lede sal dus alleenlik in jou pasmaatlys beland indien jou profiel ook aan hulle voorvereistes voldoen het.
Hoe kan ek my pasmaats verfyn?
Maak seker dat jou profiel so volledig moontlik voltooi is en dat jou begeerde maat-maatstaf nie te nie-spesifiek is nie. Bv. Indien jou begeerde maat 'n vroulike persoon is tussen die ouderdom van 18 en 80 en in enige plek in die wêreld kan bly sal pasmaats nie goed werk vir jou nie. Die geheim is om die balans te vind tussen te spesifiek en nie-spesifiek t.o.v. jou kriteria vir 'n ideale pasmaat. Bo-en-behalwe dit het jy ook die opsie om aan te toon hoe belangrik elke profielbesonderheid is wat jy spesifiseer vir 'n pasmaat.
Kontak Van Ander Lede
Hoe kontak ek 'n ander lid?
Wanneer jy na 'n ander lid se profiel kyk sal jy 'n 'Kontak Hom of Haar' skakel sien. Kliek op die skakel en tik jou boodskap in die tekshouer voorsien en kliek dan stuur.
Kan ek 'n boodskap stuur sonder om altyd na die ander lid se profiel toe te gaan?
Ja, voeg die ander lid by My Gunstelinge deur op die Voeg by My Gunstelinge skakel op hulle profiel te kliek. Gaan in die vervolg direk na My Gunstelinge en kliek op die 'Kontak Hom (of Haar)' skakel langs hulle gebruikersnaam.
Sal enige van my besonderhede ontbloot word?
Nee! Die boodskap aan die ander lid gestuur sal slegs jou gebruiksnaam, jou boodskap en kort instruksies oor hoe om te antwoord bevat. Kyk na ons privacy policy vir verdere detail.
Ek het 'n boodskap van 'n ander lid ontvang. Hoe antwoord ek?
Die maklikste sal wees om die skakel soos voorsien in die e-pos deur jou ontvang te gebruik. Dit sal jou na hulle profiel toe neem, waar jy die 'Kontak Hom (of Haar) skakel kan gebruik om 'n antwoord te stuur. Onthou dat jy slegs as 'n subskripsiehouer boodskappe kan stuur.
Moet ek 'n subskripsiehouer wees om boodskappe te kan ontvang?
Nee, selfs al is jy nie 'n subskripsiehouer nie sal jy boodskappe aan jou gebruiksnaam ontvang. Jy sal egter 'n subskripsiehouer moet wees om te antwoord.
Ek het per ongeluk die boodskap wat ek ontvang het verwyder, kan jy dalk help?
Nee. Jammer, ons kan ongelukkig nie die inhoud van boodskappe terugkry nadat dit gestuur is nie.
Ek sou verkies om nie boodskappe in my gewone e-pos inboks te ontvang nie. Kan jy help?
Ons stel voor dat jy 'n gratis Web-gebasseerde posadres van 'n diens soos Hotmail aanskaf en dit as e-posadres gebruik in jou profiel. Let egter daarop dat daar 'n potensiële nadeel in die gebruik van gratis e-posdienste is. Sommige gratis dienste termineer jou rekening indien jy dit nie gereeld genoeg besoek nie. In die geval sal ander lede se e-pos aan jou in die proses verlore gaan en, sou ons herhaaldelik terugkomende pos van jou adres ontvang sal ons genoodsaak wees om jou profiel te versteek of selfs te verwyder.
Hoe kan ek die boodskappe wat ek van 'n spesifieke lid ontvang, staak?
Volg die skakel na hulle profiel in die e-pos van hulle ontvang, of gebruik die Vind By Naam funksie om die ander lid se profiel te identifiseer. Kliek dan die 'Blok Hom of Haar' skakel onder die foto. Indien hulle jou in die toekoms sou wou kontak sal 'n nota verskyn wat sal aandui dat jy boodskappe van hulle af blokkeer het en dat hulle jou nie kan kontak nie. Onthou dat jy alleenlik die blokboodskap kan verwyder.
Geld Help
Wat kos 'n subskripsiepakket by Sielsmaats?
Ons bied 'n verskeidenheid van subskripsie pakkette aan, besoek asseblief ons subskripsie afdeling vir besonderhede.
Is dit veilig om my kredietkaartbesonderhede op die werf in te tik?
Ja. Kredietkaartbetalings word deur die gebruik van ons World Pay card processing gateway geprossesseer. World Pay is een van die grootste en mees gerespekteerde global kaartprossessering maatskappye. Al jou kaartdetails word encrypted vir maksimumsekuriteit terwyl dit oor die net reis. Verder word geen kredietkaartbesonderhede êrens op ons werf gestoor nie.
Wat sal op my kredietkaartrekening vertoon?
Betalings sal as 'n transaksie van DatingBuzz vertoon, die naam van die enjin wat die werf bedryf.
Sal my subskripsie outomaties hernu word?
Slegs indien jy die outomatiese hernuwingsopsie gekies het toe jy ingeskryf het. (Geskenk subskripsies and subskripsies korter as 'n maand word nooit automaties hernu nie.)
Ek het nie my hele subskripsie benut nie en wil my profiel verwyder. Sal die balans aan my uitbetaal word?
Nee, ongebruikte dele van 'n subskripsie is ongelukkig nie uitbetaalbaar nie. Deur jou profiel te verwyder sal veroorsaak dat jou ongebruikte subskripsie verlore sal gaan.
Sal my profiel op die werf bly verskyn indien my subskripsie sou verval?
Ja. Jy sal egter weer moet inskryf as jy ander lede in die toekoms wil kontak.


