Oordrag van foto's - wenke
Byvoeging van foto's tot jou profiel is 'n versekerde manier om aandag te kry van ander gebruikers. ‘n Paar wenke om die beste resultate te verkry? Die volgende inligting sal jou in die regte rigting lei.
Redigeer Jou Foto's
Volg die wenke benede en spandeer ‘n paar minute met jou gunsteling foto redigering program om jou foto en aanbieding vir die wêreld te verbeter. As jy nie ‘n foto redigering program het nie stel ons voor dat jy www.tucows.com besoek en soek na “graphics” of “photos” om die geskikte sagteware packet te vind. Tot ons spyt kan ons geen tegniese bystand bide vir foto redigering sagteware nie. Het jy die riglyne benede gevolg, maar sukkel nogsteeds om die perfekte foto te vind? Hoekom laat neem jy nie ‘n professionele foto en laat dit op digitale skyf sit nie? Baie fotografiese winkels bied professionele diens en verskaf digitale foto's of per e-pos.
Tegniese Vereistes
Jou foto moet in JPEG, GIF, PNG, BMP, TIFF of PCX format wees.
Jou foto moet kleiner wees as 600kB, maar daar is geen beperking op die dimensies van die beeld wat jy plaas nie. As dit te groot is sal ons dit outomaties kleiner maak.
Kies Jou Foto's Sorgvuldig
Is jou foto duidelik? Regverdig dit jou en wys dit jou op jou beste? ‘n Klein maar duidelike foto van jouself is baie beter as ‘n groot foto met net 'n klein prentjie van jou in het. Vir jou Primêre Foto, maak seker dat dit ‘n duidelike kop en skouer foto is anders kan dit afgekeur word.
vs 
Is jou foto te klein en beplan jy om dit te vergroot? Wees versigtig – die kwaliteit kan opmerklik versleg.

Sluit jou foto ander mense ook in? Oorweeg eerder foto's van jou alleen.

Het die foto onnodige mense in (die gewese ou), items of oop spasies? Probeer om jou foto so te sny dat jy daarvan ontslae raak.
----> 
Is jou foto onderstebo? Indien wel, roteer dit!

Foto Sigbaarheid
Besluit Hoe Jou Foto's Deur Ander Gesien Moet Word
- Jy wil hê ALMAL moet jou foto sien – kies “Maak die foto sigbaar aan almal”
- Jy wil hê slegs jou GUNSTELINGE moet die foto sien (miskien van jou kinders of een van jou in ‘n gewaagde uitrusting) – kies “Maak die foto sigbaar aan al my gunstelinge”
- Jy het ‘n foto wat jy slegs aan SEKERE MENSE wil sigbaar maak – kies “Maak hierdie foto sigbaar by uitnodiging alleenlik”
- Jy wil nie hê dat ENIGE IEMAND ‘n sekere foto in jou album moet sien nie – kies “Versteek hierdie foto van almal”
Vrae en Antwoorde
V: Hoeveel foto's mag ek in my album hê?
Jy mag ‘n maksimum van 10 foto's in jou Foto Album hê.
V: Wat is my Primêre Foto?
Jou Primêre Foto is die foto wat ander gebruikers gaan sien wanneer hulle na jou profiel kyk. Dit moet ‘n helder en duidelike kop en skouer foto wees wat nie ander mense in het nie.
V: Ek wil nie 'n Primêre Foto hê nie omdat ek privaatheid soek. Kan ek steeds foto's in my foto album plaas?
JA. Jy kan kies om jou foto's aan almal of net jou gunstelinge sigbaar te maak of slegs aan gebruikers wat jou nooi om na hulle privaat albums te kyk.
V: Wat is my Privaat Foto Album?
Jou Privaat Album laat jou toe om foto's by jou profiel te skakel. Niemand kan jou foto's sien tensy jy hulle nooi nie. Jy kan ter enige tyd kies dat mense wat jy genooi het om na jou Privaat Album te kyk nie meer daarna sal kan kyk nie.
V: Hoe nooi ek mense om na my Privaat Foto Album te kyk?
Dis baie maklik. Gaan net na die profiel van die gebruiker wat jy wil nooi, en klik op die “Nooi hom/haar om na my Privaat Foto Album te kyk” opsie.
V: Is my foto's sigbaar aan ander gebruikers sodra ek dit geplaas het?
NEE. Al die nuwe opgelaaide foto's moet eers gesien en aanvaar word deur ons ondersteuning span voor dit aan die publiek sigbaar gemaak word. Dieselfde geld vir bestaande foto's wanneer jy jou primêre foto verander. Foto's word gewoonlik binne 24 uur aanvaar, maar dit kan langer neem in tye van groot volumes, en oor naweke wanneer ons minder personeel op diens het.
V: Hoekom het ‘n foto wat ek geplaas nie op my profiel gewys nie of weggeraak?
Jou foto mag verwyder word as dit nie binne ons tegniese vereistes is nie, dit liederlik is, ‘n foto van ‘n vernaamde persoon is of ‘n kopiereg beeld is soos spotprente.
Sielsmaats Beleid
Sielsmaats waarborg nie die geskiktheid van die foto's in gebruikers se privaat albums nie, nog minder sal ons betrokke raak in enige debat aangaande die geskiktheid.**
Jy is alleenlik verantwoordelik vir die vlak van kommunikasie en interaksie wat jy verkies om met ander gebruikers te hê. Indien jy genooi word om na foto's te kyk, maar bekommerd voel, bedwing liewer jouself tot en met jy kan vasstel, deur direkte kommunikasie met die ander gebruiker, of dit gaan aanstoot gee of nie.
** Sielsmaats sal slegs klagtes ondersoek aangaande privaat foto albums indien die klag is dat inhoud onwettig is of vir onwettige doeleindes gebruik word.


