Privaaheidsbeleid

Vir ons is privaatheid die wese van wat ons doen. Ons het sekerlik uitstekende tegnologie, tegnies superieure sagteware en so aan, maar wat werklik belangrik is, is ons vermoë om ons lede van 'n veilige, geborge en private omgewing te voorsien.

1. Inligting versamel

Wanneer jy as 'n lid registreer en jou profiel opstel, word sekere inligting benodig. Dit sluit in persoonlik identifiserende inligting soos jou naam en e-posadres. Hierdie inligting word op ons stelsels bewaar, maar GEEN persoonlik identifiserende inligting word ooit in jou openbare profiel vertoon of ingesluit in enige kommunikassie tussen lede wat deur die werf gestuur word nie.

2. Opdatering van jou inligting

Jy kan al jou persoonlike inligting vryelik opdateer, insluitend jou gebruikernaam, e-posadres, ligging, wagwoord en alle profiel-besonderhede. Ons moedig jou aan om jou gegewens op datum te hou.

3. Jou wagwoord

Dit is uiters belangrik dat jy jou wagwoord veilig bewaar ten einde enige ongemagtigde toegang tot jou persoonlike inligting te verhoed. As jy vir enige rede dink dat jou wagwoord gekompromitteer is, VERANDER dit onmiddellik.

4. Koekies

'n Koekie is 'n stuk data wat op jou hardeskyf bewaar is en ons toelaat om jou rekenaar van een bladtoegang tot die volgende een te erken. Ons gebruik net sessiekoekies wat ontwerp is om nie permanent of standhoudend te wees. Die sessiekoekie is so ontwerp dat dit eenvoudig termineer sodra jy jou deurblaaier toemaak. As jy jou deurblaaier opstel om koekies te verwerp, kan jy steeds sommige dele van ons werf gebruik, maar nie almal nie. Byvoorbeeld, die aanmeldproses en alle ledefunksies vereis dat jou deurblaaier koekies aanvaar. Ons beveel aan dat deurblaaiers na gebruik op gedeelde rekenaars toegemaak word.

5. Om jou inligting uit te vee

Jy het die opsie om jou profiel uit te vee. Let asseblief daarop dat dit al jou inligting permanent uitvee. Geen data sal op ons stelsels oorbly nie, met die uitsondering van persoonlike korrespondensie of navrae vir ondersteuning wat aan ons gestuur is, wat op lêer bewaar mag wees.

6. Persoonlike korrespondensie

Korrespondensie wat aan ons gestuur word, insluitend e-pos en briewe, sal op lêer bewaar word met toegang beperk tot ons gemagtigde personeellede.

7. Openbaarmaking van jou inligting

  • Ons sal geen van jou inligting sonder jou toestemming openbaar maak nie.
  • Ons sal geen lid se besonderhede aan enige ander lid beked maak nie - moet ons asseblief nie eers vra nie.
  • Ons sal jou inligting nie aan enige derde party verkoop of verhuur of gee nie.
  • Ons sal jou inligting net openbaar maak as ons regtens daartoe verplig word deur 'n statutêre gesag met die gepaste jurisdiksie.

8. Beleid van geen rommelpos

Geen rommelpos nie, nie nou nie, nooit nie! Jy sal e-pos van ons ontvang en kan naamlose e-pos van ander lede ontvang. Ons sal egter nooit jou naam aan enige derde party voorsien, verkoop of verhuur nie.

9. Interne gebruik van inligting

Ons kan jou inligting intern gebruik om ons dienste te verbeter, werfgebruik te ontleed, inhoud te optimeer, ens. Dit sal net deur gemagtigde personeellede gedoen word. Ons kan persoonlik identifiserende inligting gebruik om foute te speur waar daar probleme is, en om ons terme en voorwardes te implementeer.

10. Vertel-'n-vriend dienste

Ons werf sluit verskeie vertel-'n-vriend dienste in. Jou vriende sal nooit ongevraagde e-pos van ons ontvang nie en, sodra jou vertel-'n-vriend e-pos gestuur is, sal hulle nooit weer van ons hoor nie, tensy hulle verkies om self ook lede te word. Jy mag nie die vertel-'n-vriend dienste gebruik om rommelpos te stuur nie.

11. Sekuriteit

Ons tegniese span doen hulle bes om die sekuriteit van ons stelsels te verseker. Internet-sekuriteit is 'n ingewikkelde onderwerp en geen stelsel kan as 100% veilig beskou word nie. Indien 'n sekuriteitsbreuk sou voorkom, sal ons probeer om so vinnig moontlik te reageer om die probleem reg te stel. In die onwaarskynlike geval van 'n sekuriteitsbreuk, kan ons egter nie verantwoordelikheid vir die kompromittering van lede se besonderhede aanvaar nie.

12. Wysigings van hierdie beleid

As ons wesentlike veranderinge aan ons privaatheidsbeleid aanbring, sal hierdie veranderinge op ons 'Privacy Policy' blad geplaas word. Jy behoort hierdie blad gereeld vir hersienings na te gaan.

Bestaande Lede

 
 
 
 
Wagwoord Vergeet?

Verander Taal

  • Afrikaans
  • English
Sluit verniet aan

Nie 'n lid nie?

Om 'n lid te word is vinnig, maklik en die beste van alles, gratis. Sluit Nou Aan!

Vertel 'n vriend/in!

Dink 'n vriend/in behoort te weet van Sielsmaats? Ons het dit so maklik gemaak dat al wat jy moet doen is om die spasies in te vul.