Wat is ononderbroke betaling?

Ons verkies dat jy meer tyd spandeer om jou ideale pasmaat te vind as wat jy jouself moet bekommer oor die betaling van jou subskripsie. Daarom gaan ons jou subskripsie outomaties hernu wanneer dit die vervaldatum bereik, deur middel van ons eenvoudige ononderbroke betalingsmetode. Dit beteken:

  • Jy hoef slegs een maklike aanlyn transaksie te te doen .
  • Jy kan ononderbroke toegang tot al die voordele van jou subskripsie geniet
  • Die maandelikse tarief van jou subskripsie sal onveranderd bly vir die leeftyd van jou subskripsie - dit sal jou bestand maak teen toekomstige tarief verhogings.
  • Na die aanvangsperiode van jou subskripsie, sal jy outomaties maandeliks gedebiteer word op die geskikte maandelikse tarief verbind met jou oorspronklike subskripsie keuse.

Byvoorbeeld, as jy 'n 6 maande subskripsie uitneem teen US$113.70, na gelang van die aanvanklike 6 maande sal jou subskripsie maandeliks outomaties hernu word teen 'n tarief van slegs US$18.95 per maand: 'n besparing van 37% op die gewone 1 maand tarief! Jy sal aanhou kwalifiseer vir die afslag tarief tot en met die kansellasie van jou subskripsie.

Wanneer jy jou pasmaat gevind het kan jy jou subskripsie kanselleer deur te klik op die skakel op die Status blad. (Dit sal nie jou verbruiker voordele affekteer nie, en jy kan dit bly geniet tot en met jou subskripsie verval.)

Neem asseblief kennis, dat weens die outomatiese skedulering op die betalingspoort, outomatiese hernuwing van transaksies tot 24 uur voor die verval van jou huidige subskripsie kan geskied - indien jy jou outomatiese hernuwing wil kanselleer stel ons ten sterkte voor dat jy dit ten minste 48 uur voor die vervaldatum van jou subskripsie doen om te verseker dat kansellasie betyds geskied.

Jy kan die status van jou subskripsie ter enige tyd besigtig. Neem asseblief in ag dat betalings op jou kredietkaart staat sal reflekteer as betalings van "DatingBuzz". (DatingBuzz is die naam van die maatskappy aan wie die webtuiste behoort).

LW

  • Die ononderbroke betalingsmetode is slegs beskikbaar aan gebruikers wat gebruik maak van kredietkaart (aanlyn of per faks) en PayPal betalings. Geskenksubskripsies en betaling deur ander metodes kwalifiseer nie vir hierdie ononderbroke betalingsmetode nie.
  • Soos gemeld in ons Bepalings en Voorwaardes, sal terugbetalings op subskripsies slegs geskied volgens die Maatskappy se goeddunke.

Bestaande Lede


 


 | 
 
Wagwoord Vergeet?

Verander Taal

  • Afrikaans
  • English
Sluit gratis aan

Nie 'n lid nie?

Om 'n lid te word is vinnig, maklik en die beste van alles, gratis. Sluit Nou Aan!

Vertel 'n vriend/in!

Dink 'n vriend/in behoort te weet van Sielsmaats? Ons het dit so maklik gemaak dat al wat jy moet doen is om vul die spasies in .