Artikel #1 van 6 | Keer terug Volgende »

Veelvuldige korrespondensies

6 April 2010

Jy het jou profiel geskep en jy's reg om te begin, maar waar begin mens? Wat doen jy as jy te veel belangstellendes het om van te kies? Die kanse is goed dat jy met meer as een persoon gaan korrespondeer. Hier's 'n paar wenke voordat jy die stuur knoppie druk:

  • Hou rekord van wat jy gesê het. Op die kontak-vorm is daar 'n "Afskrif Aan" funksie. Maak afskrifte en stuur dit aan jouself. Dit sal help dat jy jouself nie herhaal en deurmekaar raak nie. Dit kan nogal 'n verleentheid wees!
  • Maak dit persoonlik. Probeer om nie dieselfde boodskap aan verskeie mense te stuur nie. 'n Persoonlike boodskap sal makliker reaksie uitlok as 'n boodskap wat soos ‘n advertensie klink. 'n Goeie benadering is om mense te laat weet hoekom jy van hulle profiel hou. "Ek vind jou profiel interessant" is nie goed genoeg nie. Jy sal meer spesifiek moet wees.
  • Moenie 'n laspos wees nie... As jy vir iemand ‘n boodskap gestuur het en hulle reageer nie, wag 'n rukkie voordat jy weer 'n boodskap stuur. Indien jy nie binne 'n week of meer 'n reaksie ontvang nie, los dit daar en beweeg aan.
  • Onthou, jy kan altyd die "Blokkeer" funksie op jou profiel gebruik om te keer dat die persoon jou weer kontak.

Artikel #1 van 6 | Keer terug Volgende »

Bestaande Lede


 


 | 
 
Wagwoord Vergeet?

Verander Taal

  • Afrikaans
  • English
Sluit gratis aan

Nie 'n lid nie?

Om 'n lid te word is vinnig, maklik en die beste van alles, gratis. Sluit Nou Aan!

Vertel 'n vriend/in!

Dink 'n vriend/in behoort te weet van Sielsmaats? Ons het dit so maklik gemaak dat al wat jy moet doen is om vul die spasies in .