| « Vorige | Artikel #2 van 6 | Keer terug | Volgende » |
Betekenisvolle verbindings
6 April 2010
Kry jy te veel of te min pasmaats? As jy kyk na jou pasmaat-telling sal jy sien dis 'n twee-rigting berekening wat die totaal bepaal. Maar ons wil nie fokus op slim algoritmes nie - ons wil he dit moet werk vir jou.
Die belangrikste ding is om seker te maak dat jy soveel besonderhede soos moontlik invul in die kategorie "Iets oor my" en "My ideale pasmaat".
Die inligting wat jy verskaf en die gewig wat jy verleen aan "Hoe belangrik is die kriteria in jou verbinding" sal 'n aansienlike uitwerking op jou resultate hê. Indien jou ideale pasmaat 'n 21-jarige blonde meisie is, wat onder die sterreteken Boogskutter gebore is, en dis alles on-onderhandelbaar, is die kanse goed dat jy droë bek gaan sit. Maar as jou ideale pasmaat 'n man tussen 18 en 100 jaar oud is en enige plek in die wêreld woon, kan jy jou hande vol hê.
Soos enigiets anders in die lewe moet daar goeie balans wees. Die beste opsie is om dinge on-onderhandelbaar te maak, wanneer jy sterk daaroor voel. As jy nie van rook hou nie, maak nie-roker on-onderhandelbaar. As jy nie regtig omgee watter kleur hare jou pasmaat het nie, maak seker jy kies 'n ooreenstemmende vlak van belangrikheid.
Speel met jou ideale pasmaat verstellings en kyk na die getalle in jou "My verbindings" kategorie. Indien daar te veel is om van te kies, wees meer spesifiek, of maak dit minder spesifiek indien daar te min is.
| « Vorige | Artikel #2 van 6 | Keer terug | Volgende » |


