« Vorige Artikel #3 van 6 | Keer terug Volgende »

Eerste e-posse en afsprake

6 April 2010

Hoe begin jy 'n e-pos liefdesverhouding? Waaroor praat julle tydens die eerste ontmoeting? Hoewel eerste indrukke belangrik is, is dit nodig om mekaar eers te leer ken vir 'n langtermyn verhouding. Die problem lê dikwels hoe ons mekaar ontmoet. Om vir die eerste keer saam te gaan fliek is dalk baie romanties en maklik, maar na twee ure in 'n donker teater waar jy nie mag praat nie, gaan jy niks leer oor jou nuwe pasmaat nie.

Die beste manier om iemand te leer ken is om met die persoon te praat en aan te moedig om oor hulleself te praat. Hier's ons lys van top 10 dinge om oor te praat:

  • Wie bewonder jy en hoekom?
  • Vertel my meer oor jou familie – is daar enigiets wat jy sou wou verander?
  • Wat is jou mees waardevolle besitting?
  • Wat is jou grootste prestasie?
  • Is daar enigiets waaroor jy al jare droom? Hoekom het jy dit nog nie gedoen nie?
  • Waar sien jy jouself oor tien jaar?
  • Wat is jou sterkpunte en swakpunte?
  • Wat maak jou kwaad en depressief?
  • Watter tipe verhouding soek jy?
  • Waar sal jy graag wil woon?
Vat dit rustig – net een of twee vrae per e-pos of afspraak. Jy wil nie hê dit moet soos 'n ondervraging klink nie. Sterkte!

« Vorige Artikel #3 van 6 | Keer terug Volgende »

Bestaande Lede


 


 | 
 
Wagwoord Vergeet?

Verander Taal

  • Afrikaans
  • English
Sluit gratis aan

Nie 'n lid nie?

Om 'n lid te word is vinnig, maklik en die beste van alles, gratis. Sluit Nou Aan!

Vertel 'n vriend/in!

Dink 'n vriend/in behoort te weet van Sielsmaats? Ons het dit so maklik gemaak dat al wat jy moet doen is om vul die spasies in .