| « Vorige | Artikel #4 van 6 | Keer terug | Volgende » |
Eerste brief
6 April 2010
Wat is die beste benadering wanneer jy iemand die eerste keer kontak? Dit het alles te doen met styl, jou eie styl. Sommige mense gaan vir die voorspelbare "Hallo, hoe gaan dit?" en los dit net daar. Ander skryf weer 'n boek en blaker hulle volledige mediese agtergrond uit.
Ons raad is, hou 'n gesonde balans. As jy hoop vir 'n antwoord, stel ons voor dat jy 'n paragraaf of twee oor jouself skryf en iets oor jou pasmaat se profiel se. Lok 'n antwoord uit met 'n toepaslike vraag. Moenie negatief wees met iets soos "Ons is nie ideale pasmaats nie, want… " Indien dit die geval is, hoekom het jy moeite gedoen om die persoon te kontak?
Sit jou beste voet voor. Voordat jy die boodskap stuur, lees dit weer deur. Slegte spelling en swak sinskonstruksie skep 'n slegte indruk. Dit geld ook vir jou profiel. Kyk weer na jou profile-beskrywing en maak seker jy's gelukkig met hoe ander mense jou sal sien.
Wees versigtig wanneer jy persoonlike besonderhede by jou eerste boodskap insluit. Wanneer jy jou e-pos adres uitgee kan dit jou naam en werksplek identifiseer. So wees versigtig. Hoewel ons redelik seker is dat daar nie enige massa-moordenaars onder ons lede is nie, is daar altyd die wat 'n oorlas van hulleself maak wanneer hulle eers jou e-pos adres het.
| « Vorige | Artikel #4 van 6 | Keer terug | Volgende » |


